he Children Always Come First
Make a Difference Today.
SA Kinderhuis - SA Children's Home

BOODSKAP VAN DIE ONDERVOORSITTER


“Die Suid-Afrikaanse Kinderhuis is die oudste kinderhuis in Suid-Afrika.  Dit was die geestesproduk van die Kaapse weduwee Margaretha Möller en het sy beslag gekry in die jaar 1808.

Mev Möller se inisiatief het daartoe gelei dat die gemeentes van die Groote Kerk te Adderleystraat en die Lutherse Kerk te Strandstraat die Kinderhuis as ’n gesamentlike inisiatief op die been gebring het.  Daardie inisiatief bestaan vandag nog en dit is tot eer vir hierdie twee Christelike gemeentes dat hulle oor drie eeue heen reeds saamwerk om ’n tuiste te bied vir kinders in nood.

Aanvanklik was die Kinderhuis bedoel om ’n huis te wees vir weeskinders uit die Stadskom.  Oor die jare het dit ontwikkel in ’n tuiste wat kinders in nood uit die groter Kaapse Metropool ontvang.  As sulks het sy inwoners verteenwoordigend geword van die mense verskeidenheid wat homself in hierdie gebied bevind.

Die oogmerk van die Kinderhuis is om ’n tuiste vir kinders en nie ’n inrigting te wees nie.  Die kinders gaan na skole in die onmiddellike omgewing van die Kinderhuis en word van alle redelike middele voorsien om hulle in staat te stel om gemaklik met die ander kinders in daardie skole te integreer as hulle gelykes.

Die Kinderhuis is baie dankbaar teenoor die Regering van die Provinsie van die Wes Kaap vir die geldelike steun wat ons ontvang vir die bedryf van die Kinderhuis.  Ongelukkig is daardie steun onvoldoende om die bedryfs- en kapitale uitgawes van die Kinderhuis ten volle te dek.  Gelukkig, aan die ander kant, ontvang die Kinderhuis finansiële ondersteuning vanaf velerlei individue en instansies.  Die Kinderhuis sal slegs kan aanhou voortbestaan met sulke volgehoue ondersteuning.  Elke bietjie help.  U ondersteuning word waardeer.

Beste groete
Theuns Steyn
Onder Voorsitter SA Kinderhuis Beheerraad”

Web Hosting & CMS Donated by - WebSurf.co.za
Web Design & CMS Integration Donated By - LAB22.net